BEELDHOUWERK
Arthur
Hurt
20 cm hoog x 30 cm in omtrek
Brons & Klip
Arthur is ’n baie dapper renosterbulletjie wat verlede jaar amptelik as ’n Voortrekker ingelyf is. Hy het in Mei 2018 self onder
die kapmesse van stropers deurgeloop toe hulle sy ma se horings in die Skukuza-deel van die Nasionale Krugerwildtuin
afgekap het. Arthur het ernstige beserings aan sy rug en regterpoot tydens die stroping opgedoen. Dié naam is aan hom
gegee, om sy dapperheid en sy oorlewingsgees te vergestalt.
| BLADSY 6