MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 69

WINKEL
WINKEL

13.

13. Daar is twee brandstofpompe direk langs Agrimark Eendekuil waar produsente en inwoners gereeld hulle tenke kom volmaak.

“ Die graan word vir verskillende tydperke geberg. Citrusdal se rollermeule neem die meeste van ons graan. Dit wissel van jaar tot jaar en is afhanklik van invoere en hoe vinnig graaneienaars en meulenaars hul produk benodig, maar gewoonlik is ons silo’ s teen einde Februarie weer leeg en alles weggesit. Een jaar is ons silo vroeg leeg, reeds aan die einde van Julie, en’ n ander jaar het ons weer’ n halwe silo vol koring as die nuwe seisoen se graan inkom.

“ En ons doen dit alles met net drie permanente personeellede. In die oestyd, as dit regtig baie besig is, sal ons seisoenswerkers intrek om ons by te staan,” sê Brandon.

“ In die vorige twee oesseisoene was die opbrengste taamlik goed, maar produsente is nou baie bekommerd. Toe ek hier gekom het, was die gemiddelde opbrengs ongeveer 2 t per hektaar. Oor die laaste twee jaar was dit nader aan 2,5 t, maar twyfel bestaan oor die nuwe oes vanweë die droër omstandighede wat tans heers.”

MARKtoe! September 2026 69