MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 68

WINKEL
WINKEL

Hulle berg ook koring en soet lupiene, wat goed in hierdie area aard en wat óf as voer óf as wisselbougewas vir landerye gebruik word. Brandon en sy span is tans besig om die saadbehandelingsmasjien te installeer sodat dit heeltemal reg is vir die komende seisoen.

Sodra die graan by die silo’ s aanland, word daar verteenwoordigende monsters van elke vrag getrek en dit word ontleed om die proteïen- en voggehalte te bepaal. Gradering volg en die graan word dan in spesifieke graadklasse in die silo’ s of buise, soos dit ook genoem word, geberg. Die SG / super graad, een graad bo B1, is gewoonlik die een wat die beste pryse behaal. Koringpryse is egter van die wêreldmark en die SAFEX-prys afhanklik.

12. Verskillende kombinasies van kragvoer word in die winkel aangehou.

12.

68 MARKtoe! September 2026