MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 47

LANDBOU

Produkte van kankerbos sluit in suiwer kankerbostee, kankerbos gemeng met rooibos en heuningbos, kapsules en kankerbosgebaseerde velsorgprodukte.

Herma verkoop van die produkte direk van die plaas en aanlyn, tesame met van die ander kruie wat hulle ook produseer.

’ n Klein nismark

“ Dit is’ n baie klein nismark, maar danksy die goeie kenmerke daarvan beskou ons dit as’ n godgestuurde plantjie. Dit moet net gebruik word, al is dit vrek bitter. Ons doen dit al 20 jaar en doen nie veel bemarking nie. Ek en Willie is albei boring accountants en ons boer. Maar daar is beslis’ n mark daarvoor. Dit kan ons sien uit die terugvoer wat ons ontvang.”

Rooi ligte vir rooibos

LANDBOU

Ten slotte is Herman bekommerd oor die rooibosteebedryf:“ Die totale jaarlikse verkope van rooibos is sowat 18 500 t. Groeipotensiaal in die buiteland is onbeperk, maar dan moet ons deurgaans rooibostee van goeie gehalte kan verskaf. Die droë jare gaan dit nie aanhelp nie en vanjaar is weer so’ n jaar, met aanplantings in die bedryf as geheel wat krities laag is. Die sukses van aanplantings vanjaar is seker die swakste nog in die bedryf en omdat dit so droog is, sal nog baie ou bosse vrek as dit nie binnekort reën nie. Daar flikker reeds’ n paar rooi ligte. As dit nie reën nie, gaan dinge nie lekker verloop nie,” sê hy bekommerd.

MARKtoe! September 2026 0