MARKtoe! September 2026 - Uitgawe 141 | Page 44

LANDBOU
LANDBOU

Kankerbos

Dit is duidelik dat die Rossouws en Schoemans van Meerlandsvlei oortuig is van die genesende en voordelige kenmerke van verskillende kruieplante.

Herman vertel hy het in’ n huis grootgeword met’ n pa wat met’ n maagseer gesukkel het en as hy die potjie met kankerbos op die stoof gesien het, het hy geweet sy pa se maag is nie lekker nie. Die mengsel van kankerbos en rooibostee vul mekaar lekker aan en het sy pa baie gehelp.

“ Ons teebaan en kerfmasjiene is iets wat die kankerbosverbouing lekker aanvul, want ons het reeds die teebaan en masjiene waarmee ons dit ook kan kerf en droog. Ons is trots daarop om’ n produk van hoëgehalte in die mark beskikbaar te stel. Ons kan dit op die groot sementoppervlakte uitsprei en droog nadat dit netjies gekerf uit die kerfmasjiene kom. Die meeste ander verbouers knip dit sommer met snoeiskêre of gooi dit bloot deur hamermeulens. Danksy ons geriewe kan

7. Kankerbos kom natuurlik op die plaas voor, maar word ook aangeplant vir volhoubare produksie.

7.

44 MARKtoe! September 2026