LANDBOU
die skaap se witwol is nie dieselfde kwaliteit as dié van die merino nie . Dirk fokus ook op vleisproduksie .
“ Die Döhne-merino is meer ‘ n dubbeldoorras en word 50 % vir wol en 50 % vir vleis gebruik . Ons het ook die laaste klompie jare ons kuddes daarvolgens aangepas , maar sowat 70 % van ons inkomste kom uit die vleisproduksie . Ons wissel ook tussen die rasse , maar daar is tans meer variasie binne die ras as tussen die twee verskillende rasse ,” verduidelik hy .
“ Ons het die merino al so geteel dat dit ‘ n goeie lengte wol met
‘ n laer mikron lewer en beter vleiseienskappe het . Hoe fyner die wol , hoe meer waardevol raak hy , maar daar is ‘ n fyn lyn tussen heeltemal dun gaan . Tussen 18-19,5 mikron is ideaal en iets waarna ons streef . Met goeie bouvorm verkoop die vleis goed en verskillende makelaars koop by ons . Omdat die wol op die vrye mark verhandel word , is die pryse maar wisselvallig en die meeste wol word uitgevoer . Ons is maar prysnemers en moet vat wat ons kry en dit is hoekom ek elke 6 maande skeer om met kontantvloei te help .”
Die Staatmaker-merinostoet van Dirk , sy pa Wallies en sy seun Wallies junior , het al talle pryse by kompetisies en veilings gewen .
53 MARKtoe ! September 2023