LANDBOU
boer . Ek kon toe sien hoekom hy vra , want langs die teerpad was daar niks . Dit was droog en daar was geen gesaaides of vee in sig nie en alles was vaal . ‘ The best planned dessert I have ever seen ,’ was sy kommentaar ,” vertel hy .
“ Ons kan nog ‘ n goeie bestaan maak , maar dit raak al hoe meer ’ n kwessie van grootte van skaal en jy moet maar jou sente omdraai en jou beplanning baie deeglik doen .”
” Op die grond plant ons sowat 600 ha met wisselbougewasse soos koring , hawer en kanola om te sorg dat ons genoeg voeding het , maar natuurlik ook om te bemark . Die res is lusernweiding . Ons is nie die grootste hier rond nie , maar kom goed oor die weg met wat ons het . Jy kan ‘ n Suid-Afrikaanse landbouer enige plek in die wêreld neersit en hy sal ‘ n sukses van die boerdery maak . Dit is omdat ons op ons eie voete moet staan . Ons kry geen subsidies van die regering nie en ons weet al hoe om self reg te kom . Baie keer werk dit egter nie en moet ons maar die pak vat . Op die ou end is dit maar alles net genade en leef ons na aan ons Skepper en die natuur . Dit is die enigste manier om ‘ n sukses van die boerdery te maak ,” vertel hy op ‘ n ernstiger noot .
By Dirk begin die plantsiklus min of meer op 20 April en eindig so teen 20 Mei . Die oestyd in die somermaande begin rondom 10 Oktober . Volgens die oespraktyk wat hulle volg , word die graan eers platgesny . Dit lê dan vir omtrent 10 dae in rye en word daarna gedors .
Pale vir Wingerd-bou , Net-strukture , Heinings , Telekommunikasie en Transmissie .
H4 en H5 behandeling in Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ). Noord-Kaap , Wes-Kaap , Limpopo , KZN , Mpumalanga , Oos-Kaap , Vrystaat , Namibië en ander Afrika lande .
Vuka Timbers ® pale is beskikbaar by Kaap Agri en Agrimark takke landswyd .
Dring aan op Vuka Kwaliteit Navrae : 017 821 0832
Vervaardigers en verskaffers van kwaliteit Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ) behandelde Bloekom pale .