MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 49

LANDBOU
Dit is waaroor dit op Dirk die plaas Merino gaan : sy stoetkudde van merinoskape .

van ons siklus plant ons lusern onder die gars en ná oes is dit dan lande waar die skape kan wei . Ons benut dus deurentyd die grond , maar sorg terselfdertyd dat dit nie uitgeput raak en sodoende ons opbrengste benadeel nie .

“ Ons vee-gedeelte bestaan hoofsaaklik uit die merinostoet en ons het tans sowat 1 500 ooie . My pa het destyds die stoet begin en ons vier vanjaar die 30ste bestaansjaar daarvan . Soms voel dit asof die hedendaagse jongmense nie meer soveel erg aan die diere het nie en of hulle meer van die ysters en die plantery hou . Maar Wallies is hart en siel in die besigheid en is juis tans op ʼn studiebesoek aan die noorde van die land ,” sê hy trots .

“ Die oumense was nie verkeerd met hul benadering tot wisselboustelsels nie – dit werk . Jy kan alles los , jou vee verkoop en die drade optrek en net plant , maar dié stelsel is volhoubaar en help met die diversifikasie van ons bedryf .”

Dirk vertel dat “ die besigheid loop ”, maar in ligter trant vertel hy dat hulle elke ses maande met ‘ n droogte moet werk . “ Omdat ons ook ‘ n bietjie somerreënval kry , is ons anders as die Swartland wat grotendeels in die winter reën kry . Dis hoekom ons op lusern kan staatmaak as weiding vir ons skape ,” vertel hy .

“ Ek kom op ‘ n dag van die see af gery en sien ‘ n motor met ‘ n pap wiel langs die pad staan . Dis toe sulke Amerikaners en nadat ek die omie gehelp het , vra hy my waarmee ek

49 MARKtoe ! September 2023