om, gemeet oor die verskillende wingerdblokke,’ n gemiddelde suikervlak van tussen 12 en 15 Brix te handhaaf.
Ons moet egter steeds’ n mate van insekte in die stelsel behou, sodat daar genoeg prooi is vir die liewenheersbesies( ladybirds) om op te teel. Jy wil hulle in jou ekostelsel terugkry, want hulle help om peste soos mieliegoggas natuurlik in toom te hou. Dis alles’ n kwessie van balans – om te weet wanneer om in te gryp en wanneer om dit aan die natuur oor te laat.”
Ses damme vir’ n geslote siklus
Isabel Teubes, wingerdboukundige by Nederburg, is ewe entoesiasties oor die stelsel wat hulle tans implementeer.
“ Uit’ n produsent se oogpunt het ons eintlik geen ander keuse as om oor te skakel na herlewingslandbou nie,” sê sy.“ Dit is’ n groot uitdaging, maar toetse wys dat wanneer opbrengs per hektaar toeneem in ou wingerde, beter pryse behaal kan word – afhangende van waar jou afsetmark is. Dit maak die proses meer winsgewend.”
Sy verduidelik dat daar’ n merkbare verskil is tussen wyne wat met tradisionele, chemiese praktyke vervaardig word en dié wat uit’ n herlewingslandbou-omgewing kom.
“ Die kwaliteit van wyn wat uit gesonde grond kom, is eenvoudig anders. As jy daardie gehalte kan handhaaf en dit internasionaal bemark, kan jy regtig goed vaar,” sê sy.
Hoewel die Nederburg-span glo in die langtermynvoordele van hierdie metode, meen hulle dis nog te vroeg om dit kommersieel te etiketteer as‘ herlewingslandbou-wyne’. Henk van Graan beklemtoon dat hul fokus nie op bemarking of etikette val nie, maar eerder op’ n opregte verantwoordelikheid teenoor die grond self.“ Vir ons gaan dit oor volhoubare benutting – om die grond beter te los as wat ons dit ontvang het.”