hoeveel aangeplant moet word.“ Ons sal byvoorbeeld besluit dat ons verlede seisoen té veel van dit en dat geplant het, of dat ons tekorte op ander variëteite gehad het. Dan pas ons ons aanplantings daarvolgens aan.”
“ Ons grootste voordeel is dat ons nie blomme hoef te vervoer na kopers toe nie. Ons verkoop direk van ons eie winkel.”
Daar is geen algemene wenresep vir enige besigheid nie. Jou beplanning en die bestuur van tyd en arbeid is egter van kardinale belang. Dit gaan oor markaandeel en wat dit kos om die produk te lewer.
Die Duitse immigrante wat na Philippi gekom het, het’ n spreekwoord gehad: Bitte und arbeite( bid en werk), en dit bly steeds’ n goeie resep, aldus Günther.