MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 32

LANDBOU
LANDBOU

Philippi maak sterk mense groot

Persoonlike uitdagings vir produsente en ander inwoners in die gebied sluit die beperkte toegang tot skole in. Die meeste skole is reeds vol, en ouers spandeer baie tyd op die paaie om hul kinders na skole in ander voorstede te neem.“ My skoondogter moet al voor 06:00 soggens met die kinders ry om betyds by die skool te wees,” vertel Leon.

Hy sê hul eie kinders was destyds gelukkig om in goeie skole in die omgewing te wees. Die twee dogters was in Hoërskool Jan van Riebeeck. En al lê Philippi in die Kaapse Vlakte, moenie sy mense onderskat nie— die Rix-familie spog byna almal met Springbokklere. As dit nie vir toutrek is nie, is dit vir ysskaats of swem.

Adriaan het enkele maande gelede aan die Wêreld-toutrekkampioenskappe in Nottingham, Engeland, deelgeneem, terwyl Leon self 52 jaar gelede aan dieselfde wêreldkampioenskappe in Engeland meegeding het.

Philippi maak duidelik sterk manne én vroue groot.