11. Die vroue pluk die kool, terwyl die mans dit uit die land dra en in kratte pak.
vir mense. Bemarkers kom gereeld besoek aflê en stap tussen die rye om te bepaal presies wat en waarvoor gespuit moet word.
“’ n Boerdery soos ons s’ n, waar die produk daagliks van die hand gesit word en boonop aan verskillende tipes markte verkoop word, se grootste uitdaging is om die administratiewe werk en boekhouding van plant, plaagbeheer, benatting, arbeiders, oes en verkope daagliks op datum te hou.”
Leon sê hulle besef al geruime tyd dat die gebied onder druk kom weens die uitbreiding van behuising vir die groeiende bevolking. Die regering probeer vir almal huise voorsien en soek voortdurend na nuwe grond. Die Departement van Landbou was nog altyd die boere goedgesind, maar selfs hulle kom nie meer hierheen nie, omdat hulle geen beloftes kan maak nie. Selfs die polisiehoof van Philippi, wat die boere goedgesind is, kan net sy skouers optrek— hulle sit al drie maande sonder’ n voertuig. Dit is duidelik dat Philippi met geweldige uitdagings te kampe het.