3. Hierdie krulkool is’ n gesogte groente onder plaaslike inwoners.
“ Ons het wortels aan my ander neef gelewer wat groot kontrakte met kettingwinkels het. Later het ons aartappels begin plant. Dit het goed gegaan. Ek was die eerste aartappelboer van Philippi wat 100 000 sakke( 15 kg) in een seisoen mark toe gestuur het.”
Kan nie voorbly met blaarprodukte vir pap nie
Die Rix’ e plant groente, en veral blaarprodukte, op sowat 50 ha grond. Voorheen het hulle grond gehuur, maar nie meer nie. Aangesien die gebied teenaan Mitchells Plain, Hanover Park en Lansdowne geleë is, voorsien die groente wat hier verbou word, ook baie van die plaaslike informele markte.
Leon, wat as kind by die plaasskooltjie oorkant die pad skool-gegaan het, het met een van die omliggende bure se dogter, Marita Buhr, getrou. Uit die huwelik is drie kinders gebore. Vandag nog woon die familie naby mekaar.“ Elkeen van