MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 90

LANDBOU
LANDBOU

6 .

6 . 2Rivers Sitrus se pakstoor buite Kirkwood in die Sondagsriviervallei .

Oktober gekoop , en teen Maart die volgende jaar moes ons begin pak . Ons het toe die pakhuis gebou , wat betyds daarvoor klaar was . Daar was baie lusern op die grond wat ons met sitrusbome vervang het , maar daar was te min bome beskikbaar . In die Wes-Kaap was die waglys lank en die gehalte bome onvoldoende , so ons het ons eie kwekery begin , wat vandag steeds plantmateriaal vir ons lewer .

In 2012 is ’ n nuwe moderne pakhuis voltooi , en nou bou ons weer aan – sowat 6 000 m ² vir nog paklyne en koelstore ,” vertel Hennie ,

amper uitasem van al die bedrywighede .

Van die boorde het aanvanklik vloedbesproeiing gehad , maar nadat water van die Gariepdam hier aangekom het , is daar stelselmatig oorgeskakel na mikro- en drupbesproeiing .

Hy het eers sitrus op die eerste 40 ha aangeplant en daarna geleidelik nog ses plase in die vallei aangekoop . Vandag is byna 70 % van die 800 ha grond beplant , insluitend ’ n bemagtingsprojek van 500 ha waarin hy en nog twee kommersiële boere betrokke is .

2Rivers Citrus is ’ n ware

46 MARKtoe ! Oktober 2024