MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 89

LANDBOU
LANDBOU

5 .

5 . Werkers in die pakhuis pak lemoene met die hand in groot kartonne , reg vir uitvoer .

“ Verlede jaar het ons ongeveer 32 miljoen kartonne uit die vallei uitgevoer van die 19 000 ha wat hier geplant is . Met die nuwe aanplantings en uitbreidings van jong bome gaan ons binnekort tot soveel as 45 miljoen kartonne lewer .”

Hennie se loopbaan het nie altyd deel van sitrusverbouing uitgemaak nie , al het sy oupa reeds in 1925 hier met lusern en groente begin boer . Sy pa , Flippie Ehlers , het later oorgeneem op die plaas Eben-haeser / Phillena , ’ n stuk grond van 50 ha . Ondanks

Hennie se doktorsgraad in fisika en toegepaste wiskunde , ’ n MBL van Unisa , en ’ n dosente-loopbaan van sowat 13 jaar in Gqeberha , het die boerdery uiteindelik die oorhand gekry . Hy vertel dat hy die MBL net gedoen het om rekeningkunde te bemeester .

Nadat ’ n buurman van sy pa oorlede is en die boedel vereis het dat alle grond verkoop moet word , het Hennie die plaas Bonnylea van 40 ha aangeskaf en sy sitrusloopbaan begin .

“ Ek het die plaas in

MARKtoe ! Oktober 2024 45