LANDBOU
LANDBOU
2009 gedoen het en Leroux in 2012 .
In daardie vyf jaar voor Nico plaas toe gekom het , het hy ’ n rits woonstelle gekoop en ’ n vloot van 10 swaarvragmotors opgebou . Leroux het in die sagtevrugtebedryf begin werk om meer oor die bemarking daarvan te leer , maar het in die proses ook diepgaande tegniese kennis en ervaring opgedoen – iets wat hom nou baie help in sy bestuur van al die produksieprosesse vir hul sitrusverbouing . Boeram vertel dat hy in 1974 Potchefstroom toe is om aptekerswese te studeer met die doel om geld bymekaar te maak sodat hy sy eie stukkie grond kon aanskaf .
“ Ek was maar van altyd af lief vir die grond . My pa het ook geboer , maar hy is oorlede toe ek in matriek was . My ma moes toe vir sewe jaar die plaas bestuur terwyl ek studeer en die apteek bedryf het ,” sê Boeram .
“ Die drang om te boer
6 . Sharne Dowd is verantwoordelik vir die bestuur van die onderdele-afdeling op die plaas .
6 .
MARKtoe ! Oktober 2024 27