MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 51

LANDBOU
LANDBOU

5 .

5 . Die Africanos-landgoed is ’ n vyfster-hotel met konferensiegeriewe en is deel van Venter Boerdery se diversifikasie-aktiwiteite .

Twee bemagtigingsprojekte , Coegoekammaskloof ( Addo , Oos-Kaap ) en Lemoenspruit / Weltevreden / Diepdraai ( Vanderkloofdam , Vrystaat ), vorm ook deel van die portefeulje – altesaam meer as 10 000 ha .

“ Dit was nog altyd ons beleid as familiebesigheid dat deelnemers eers moes gaan studeer , werkervaring opdoen , en dan kon ons plaas toe kom , as ons wou ,” vertel Nico , en Leroux , sy jonger broer , beaam dit .

Net soos hul pa het die twee broers op Potchefstroom gaan studeer – Nico het BCom-ondernemingsbestuur en bestuursrekeningkunde gedoen , en Leroux wou aanvanklik beryfsingenieur word , maar het toe BCombemarking gestudeer . Daarna moes elkeen eers in die privaatsektor werk om , soos Boeram dit beskryf , “ te voel hoe dit is om onder ’ n baas te werk ” voordat hulle plaas toe kon kom – iets wat Nico in

26 MARKtoe ! Oktober 2024