LANDBOU
LANDBOU
3 .
3 . Groot hoenderhokke is op die plaas aangebring as deel van die diversifikasie van die boerdery-aktiwiteite . Elke stel hokke staan op ’ n afsonderlike deel van die plaas om biosekerheid te verseker .
Stelsels is vir ons belangrik , want dit laat die besigheid werk ,” maak Nico dit gou duidelik , en onwillekeurig wonder jy hoe ’ n mens die omvang van hierdie boerdery kan beskryf . Maar soos die gesprek vorder , en veral as ons later deur die plase ry , besef jy dat ‘ groot ’ nie net in hektare opgesluit lê nie .
“ Ons het gou besef , veral ná ’ n paar swak seisoene in die sitrusbedryf , dat diversifikasie noodsaaklik vir ons is , en eintlik vir enige boerdery , om te kan oorleef . Alhoewel ons grootste besigheid in die produseer van sitrusvrugte is , het ons begin om ook braaikuikens groot te maak en dit deel van ons diverse mandjie produkte te maak ,” vertel Nico . En wie kan dan nou verkeerd gaan as jou hoenderbesigheid onder
24 MARKtoe ! Oktober 2024