LANDBOU
LANDBOU
1 .
Venter Boerdery Boeram , Nico en Leroux Venter
As ’ n mens groot wil boer , moet jy jou storie ken , want groot is nie altyd beter of makliker nie . Dit kan slegs suksesvol gedoen word met deeglike bestuur , goeie verhoudings en baie ervaring . Wanneer jy by die kantore van Venter Boerdery tussen Addo en Kirkwood aankom , besef jy gou dat hierdie masjien goed geolie loop en dat pa Boeram en sy twee seuns , Nico en Leroux , die kombinasie van samewerking , eie verantwoordelikhede , wedersydse respek en gedeelde belange goed onder die knie het en dit aanwend vir die sukses van die boerdery .
Nico ontvang ons in die ruim kantore van Venter Boerdery , bied dadelik koffie aan , en ons sit in die raadsaal op die boonste vlak van die
1 . Die span van Venter Boerdery , van links Nico , pa Boeram en Leroux Venter .
22 MARKtoe ! Oktober 2024