Om ’ n pakhuis ná die sitrus-seisoen te besoek , is byna soos om in ’ n winkelsentrum op ’ n Sondagaand ná toemaaktyd rond te loop . ’ n Mens kan kwalik glo dat hier ’ n week of wat tevore meer as 200 mense hard aan die werk was om die seisoen se vrugte te ontvang , te sorteer , en in kartonne te verpak vir die lang reis na verre oorsese markte . Nou is hier ’ n handjievol werkers besig met instandhouding , skoonmaak , en voorbereiding vir die volgende pakseisoen , wat al so vroeg as Maart kan begin .
Die sitruspakhuis , Daltrus , is in 2021 gebou op die plaas Lekkerbly van HP Nel , ’ n bekende sitrusprodusent in hierdie deel van die Sondagsriviervallei . Die pakhuis bestaan uit ’ n 10-baan-sorteerlyn wat gemiddeld 30 ton per uur kan hanteer .
1 . Adri Nel , die operasionele bestuurder , en Burger van Aswegen , algemene bestuurder van Daltrus , staan voor die pakhuis by Addo .