MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 13

LANDBOU
LANDBOU

Die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap is die sitrusmekka van Suid-Afrika en tans die grootste sitrusverbouende streek in die land . Wanneer jy tussen Addo en Kirkwood ry , raak die omvang van hierdie bedryf vinnig duidelik . Meer as 24 000 ha lewer hierdie gesogte uitvoerprodukte en verskaf werk aan meer as 25 000 mense . Maar dit gaan nie net oor sitrus nie – hier is ook talle toeriste-aantreklikhede , soos die wêreldbekende Addo Nasionale Olifantpark , verskeie wildreservate , en uitstekende akkommodasiegeleenthede . Vernuftige landboupraktyke verseker dat volhoubare sitrusproduksie al vir geslagte hier voortgaan , en danksy water wat oor ’ n afstand van meer as 600 km na die vallei gebring word , het die gebied ’ n belowende toekoms .

MARKtoe ! Oktober 2024 7