LANDBOU
Links bo : Gashouers vir die BA-kamers waarin daar geen suurstof of lig is nie om te verseker dat die vrugte nie verder fotosinteer en dus ryper word nie . Regs bo : Die dompelaar ontvang die vrugte in grootmaathouers en dompel dit dan op die vervoerbane wat dit na die sorteer- en paklyne neem . Onder : Die buitekant van die pak-en verkoelingstore van Frupak .
verkoopsplanne kan maak . Dit raak ook die gehalte van die produk . Die supermarkte gee vir ons ’ n program en as jy die week mis , gaan hulle nie die volgende week meer neem nie .“
Cobus vertel dat nuwe pruimkultivars tans ontwikkel word . Hulle is swart buite en rooi binne om hulle meer aantreklik vir hulle mark te maak . Navorsers werk hard daaraan om dit ‘ n aanvaarbare produk te maak en om die suikers van pruime op te kry sodat dit lekkerder proe . Volgens hom vereis
‘ n mark soos Morrisons in die VK swart-buite-rooi-binne . Die pruimbedryf lyk goed en baie is reeds na die VSA uitgevoer waar dit goed aanvaar is . Hy meen ook dat die moeite wat die sitrusbedryf met die Amerikaanse mark gedoen het , ook die weg vir hul vrugte gebaan het .
“ Vir ons is die prys-risikoverhouding uiters belangrik en daar is groot druk om konstant nuwe markte te ontgin en suksesvol te bedien .“
43 MARKtoe ! November 2023