MARKtoe! Mei 2026 - Uitgawe 137 | Page 94

TUIN
TUIN

Protek se Rat and Mouse-reeks is‘ n enkelvoedinglokaas wat’ n anti-koagulant bevat wat bloedstolling voorkom deur die bloed van teikendiere verdun.’ n Dodelike dosis word in slegs een voedingsessie ingeneem, en dood tree 4 tot 5 dae later in. Dit is noodsaaklik om die risiko van vergiftiging te voorkom deur geskikte, peuterbestande lokaasstasies te gebruik. Behoorlike en veilige plasing van die lokaasstasies is net so belangrik soos die gebruik van die knaagdierdoder. Lokaasstasies moet in plekke geplaas word waar rotte en muise aktief beweeg en waar moontlik, tussen hulle skuiling en voedselbron. Plaas teen mure of op hulle roetes aangesien hulle nie uit hulle pad sal gaan om lokaas te vind nie.

Dit is ook belangrik om karkasse onmiddellik op te tel om enige moontlikheid van sekondêre vergiftiging te vermy. Wanneer daar van dooie knaagdiere weggedoen word, gebruik altyd handskoene om kontak met karkasse te vermy en maak seker dat dit veilig weggedoen word.

Knaakdierdoders is baie giftig vir mense, diere en voëls. Volg dus die instruksies op die etiket om blootstelling te vermy. Alle knaagdierdoders moet buite bereik van kinders en troeteldiere gehou word, of dit nou gebruik of gestoor word.

Rotte en muise bly’ n uitdaging, maar deur die regte stappe te volg, kan hulle doeltreffend bestuur word. Volg’ n geïntegreerde benadering deur toegangspunte af te sluit, areas skoon te hou en geskikte rotbeheerprodukte, soos die Rat and Mouse-reeks van Protek te gebruik, soos nodig. Hoe vinniger jy optree, hoe gouer kan jy van die probleem ontslae raak.

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 LEES DIE ETIKET VOORDAT U DIE PRODUK GEBRUIK
Rat and Mouse Grain Bait: L11616, flocoumafen 0,05 g / kg, GEVAAR, H372- veroorsaak skade aan organe( bloed) deur langdurige of herhaalde blootstelling, registrasiehouer: Protek,‘ n afdeling van PE-BEE Agri( Edms) Bpk, maatskappyregistrasienommer 2005 / 036308 / 07, Posbus 72, Heidelberg, 1441, telefoonnommer: 011 812 9800 Rat & Mouse Pellets: L11617, flocoumafen 0,05 g / kg, GEVAAR, H372- veroorsaak skade aan organe( bloed) deur langdurige of herhaalde blootstelling, registrasiehouer: Protek,‘ n afdeling van PE-BEE Agri( Edms) Bpk, maatskappyregistrasienommer 2005 / 036308 / 07, Posbus 72, Heidelberg, 1441, telefoonnommer: 011 812 9800 Rat & Mouse Wax Blocks: L11615, flocoumafen 0,05 g / kg, GEVAAR, H372- veroorsaak skade aan organe( bloed) deur langdurige of herhaalde blootstelling, registrasiehouer: Protek,‘ n afdeling van PE-BEE Agri( Edms) Bpk, maatskappyregistrasienommer 2005 / 036308 / 07, Posbus 72, Heidelberg, 1441, telefoonnommer: 011 812 9800. Versprei deur: Protek,‘ n afdeling van PE- BEE Agri( Edms.) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, telefoonnommer( 011) 812-9800 of 0861 PROTEK( 0861 77 68 35), www. protek. co. za
94 MARKtoe! Mei 2026