MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 14

LANDBOU
1 .
1 . Sover het net een van die weidingskampe water , maar Charmelle beplan om verder uit te brei .

vir aanvulling , dan lusern en ook mielies , want dié gee mos baie melk .” En uitdagings ? “ ʼn Boer sonder uitdagings wil ek nog sien .” Tans is Charmelle se grootste uitdaging haar nommer een voertuig wat die gees gegee het . ʼn Week later sneuwel nommer twee . Laasgenoemde loop darem weer .

“ Die ander probleem is dat net die laaste kamp op die plaas water het . En ons uitdaging is nou om water hier by die voorste kampe te kry . Sodat ons die plaas ten volle kan benut .”

Droogte wag op alle boere se pad en volgens Charmelle moet hulle kan moed skep . Moed en hoop . Ten spyte van die reën in Maart , benodig Charmelle opvolgreën om die wa hierdie jaar deur die drif te kry .

Die wesens lammer , rooijakkals , -kat , luiperd en dief verskyn tog te graag in dieselfde sin , maar daardie is ʼn sin wat skaapboere met alle erns probeer redigeer .

“ Die plaas het voorheen swaar onder diefstal gely . Ek vestig toe windhonde , herders en twee eende op die grond . En daardie probleme is nou iets van die verlede .”

Manlike herders . Nog mans in haar bykans vroualleen bestaan .

“ Ek het glad nie ʼn probleem met my manlike werkers nie . Hulle kom ook uit Nababeep en is gewoond daaraan om ʼn vrou te hê wat vir hulle opdragte gee . Ander manlike

14 MARKtoe ! Mei 2023