MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 13

LANDBOU

grasvelde na baie goeie weiding verskuif word . In hierdie omgewing is die veld gedurende die somer swak en ná die eerste winterreën verbeter dit aansienlik vinnig en kan die siekte lammers swaar tref .

Tydens die ry na die plaas toe is die veld groen . Hier en daar nog oorblyfsels van Maartblomme .

“ My aksent gee my dadelik weg . Jy kan mos hoor ek kom uit Namakwaland uit .”

“ Ons het hier sandveld en dit is veld wat die water behou . Met elke bietjie dou wat ons kry , loop die bos uit . Op die 23ste Maart hierdie

jaar het ons van tienuur die oggend tot net voor elfuur , 44 millimeter reën gehad . My hele winterreën het ek op een dag gekry . En ek kan maar vandag in daardie grond gaan krap en net onder die oppervlak sal dit nou nog klam wees . Dan het ek baie boesmangras en ʼn wye verskeidenheid ander plante . Vir hierdie tyd van die jaar kan ek sê die veld is baie mooi .”

“ My skaap eet veld . Voer gee ek net as byvoeding – lusern , afronding en mielies . Die ooie wat Januarie gelam het , kry ook byvoeding , want die veld was afgeval en was nie op standaard nie . Andersins , voordat my ooie lam , sit ek hulle op multiblock , energieblok en proteïenblok

5 . 5 . KAL Academy leer vir Charmelle om vee en veld te ken en hoe om vir die toekoms te beplan .
13 MARKtoe ! Mei 2023