MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 12

LANDBOU
6 .
6 . Beide Charmelle en manlief Eduard was in Nababeep in die polisie , maar met die aankoms van Edlyn , Evah en Eden ( wat nie in die foto is nie omdat sy die naweek by vriende kuier ) neem hulle toe die verreikende besluit dat Charmelle moet boer .

ramme speel en teen die begin van Mei word dit lamtyd .”

Hierdie tydsberekening is van kardinale belang aangesien daar in hierdie winterreënvalstreek teen daardie tyd al veld behoort te wees .

“ Maar my ramme was hierdie jaar ʼn bietjie afgeval . Hulle het verlede jaar uitgebreek en dan is dit mos meisies galore en hulle woeker . Toe kry ek ʼn klomp lammers in Januarie – waarvoor ek immer dankbaar is . Maar met hierdie jaar se paartyd was my ramme maar moeg . Want sien , wanneer ramme speel , wei hulle bitter min . Voeding is van minder belang vir hom , want hy het te veel meisies . Daarom is daar nou nie so baie lammers soos gewoonlik nie .”

Ooie met lammers word van die ander geskei en ná drie maande word die lammers vir die eerste keer ontwurm . Indien die ooie nie ingeënt is nie , word die lammers al vanaf ouderdom twee weke ingeënt .

Volgens Charmelle hou die werk nooit op nie . Gedurende die winter word na die vee se kloue omgesien , want wanneer dié te lank word , moet hulle geknip word . Soos die veld verander , word vir bloednier ingespuit . Hierdie siekte kom merendeels voor onder lammers tussen die ouderdom van drie weke tot drie maande , of tussen ses en twaalf , en word veroorsaak wanneer die lammers skielik van swak

12 MARKtoe ! Mei 2023