MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 11

LANDBOU

Tot en met die aanvang van haar kursus , het Charmelle alles wat sy omtrent boerdery geweet het , by Eduard geleer .

“ Maar nou leer ek hom . Met my skoonpa en die ander ouer boere in die Namakwaland , is dit ʼn ander storie . Hulle wil nie sommer van hulle se ou maniere van doen afsien nie .”

Die verskille tussen Kommagas se omte en dié van Vredendal is uiteraard legio .

“ Ek was Paasnaweek in Nababeep en alhoewel dit stowwerig en droog was , is die skaap spekvet . Selfs die kraalbos was droog omdat hulle nie in Maart die reën gekry het wat ons hier in Vredendal gekry het nie . Hier is dit anders . Toe ek hier aangekom het , kon ek nie glo dat mense met

al die veld met net vyf of ses skaap boer nie . Hierdie was ʼn geleentheid wat ek net nie deur my vingers kon laat glip nie .”

Eduard se oupa gee vir Charmelle ʼn klompie Meatmasters . Daarna bekom sy witkop-Dorpers , maar sy besef vinnig hierdie ras is nie geskik vir Vredendal nie .

“ Hulle kloue is te sag vir die sandveld hier . Jy kry dat hulle naderhand op die elmboë loop . Dus faseer ek die Meatmasters en witkop- Dorpers uit om uiteindelik slegs met swartkop-Dorpers aan te gaan .”

Alle vorms van boerdery werk met siklusse wat nou aan die natuur verwant is . Daarom word die ramme aan die begin van Desember saam met die ooie geplaas .

“ Vanaf daardie tyd begin die

4 . 4 . Alvorens Charmelle die grond begin huur het , was hier omtrent geen infra-struktuur nie . Nou spog elkeen van haar werkers met ʼn karavaan . Daar is tot ʼn kombuis met ʼn bedieningsluik .
11 MARKtoe ! Mei 2023