MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 43

LANDBOU
4 .
4 . Die luukse gastehuis , Grand Dédale County House , het sewe kamers , ’ n swembad en reuse stoep waar jy saans die aandlug oor aandete en goeie wyn kan geniet . Die gastehuis kan troues met tot 120 gaste akkommodeer .

Met nuwe eienaars , nuwe etikette en nuwe wyne wat bygevoeg is , is die keuse waarlik wyd en daar is iets vir elkeen . RAB Capital Holdings Ltd , ’ n privaat internasionale beleggingsmaatskappy wat in Londen gebaseer is , het Doolhof twee jaar gelede gekoop .

Johan Fourie , handelsmerk- en bemarkingshoof , ontmoet ons vir ’ n wynproe . Hy vertel ons van Cape

Nature Limietberg se stap- en fietsryroetes wat besoekers van hier af kan onderneem en sê trots : “ Wellington se fietsryroetes is van die beste in die land .”

Hy beskryf die ruie bome waaronder ons flussies gery het as die “ Knysna van Wellington ”.

Die wyn-etiket se wyn van oorsprong is Limietberg , dan Wellington . Dis raar . “ Ja , ons is die enigste plaas wat dit gebruik

MARKtoe ! Maart 2023 43