LANDBOU
5 .
5 . Die ou plaasgeboue is almal omskep en opgeknap en alle nuwe geboue pas by die historiese boustyl in .
omdat geen ander produsente in hierdie streek val nie . Ons wil hê mense moet die etiket sien en vra : ‘ Waar is dit ?’ Die berge en die klimaat wat dit skep , is ons verkoopspunt ,” vertel Johan .
Die plaas is 400 hektaar groot en daar is tans 30 hektaar onder wingerd . Die uiteindelike aanplantings sal 50 hektaar beslaan , met Malbec , Pinotage en Chenin Blanc as die sterre .
“ Ons wynstyl is lig , soos die suide van die Rhône-vallei . Ons klimaat is nie tradisioneel Wellington nie . Daar is minder sonlig in hierdie beskutte vallei en minder hoë temperature ,” vertel Gielie Beukes , wynmaker , ons . Hy voeg by dat hul gemiddelde reënval 900 mm per jaar is , maar verlede jaar het hulle 1 200 mm gehad . Die plaas se water kom uit Gawie se Water en daar is ’ n konstante stroom danksy die rivier .
Hul besproeiing is volgens
44 MARKtoe ! Maart 2023