MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 41

LANDBOU
2 .
2 . Die wingerde groei teen steil hellings en het elkeen sy eie mikroklimaat .

gastehuis wat al verskeie male as beste plattelandse akkommodasie aangewys is , sowel as AfriCamps at Doolhof se luukse tente .

Grand Dédale County House het sewe kamers , ’ n swembad en reuse stoep waar jy saans die aandlug oor aandete en goeie wyn kan geniet . Die gastehuis kan troues met tot 120 gaste akkommodeer .

AfriCamps het ses selfsorg glamping tente wat deur die wingerde en berge omsoom word . Naby jou voordeur kabbel die Kromrivier verby wat jy vanuit jou warm swembadjie kan beloer . Die grondpad kronkel onder die plataan- en akkerbome deur en die wingerde staan teen ongelooflike hellings aan die voet van die Limiet- en Groenberge . Mens verstaan dat jy kan voel of jy in ’ n doolhof is , want dit wil lyk of die pad teen die berg doodloop en jy sal moet omdraai , maar dan doem die swart hekke voor jou op .

Jy is skaars 7 km buite Wellington , maar die stilte en natuurskoon laat jou voel of jy in die middel van nêrens is .

MARKtoe ! Maart 2023 41