MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 40

LANDBOU
1 .

Op pad na Doolhof Wynlandgoed aan die voet van die Bainskloofpas , is daar ’ n teken : “ Naby ” by die t-aansluiting op linkerkant , waar ons moet regs draai . Heel gepas as ek na my slimfoon se Google Maps loer !

Ons ry by die Bovlei-kleuterskool verby , waar snuiters jillend onder die koeltebome op veelkleurige klimrame speel . Die fotograaf briek dat die stof draai toe ons op ’ n effense hoogtetjie die mooiste

DOOLHOF WYNLANDGOED

Jy is skaars 7 km buite Wellington , maar die stilte en natuurskoon laat jou voel of jy in die middel van nêrens is .

uitsig oor die vallei sien . Daar is wingerde en klossies donkergroen woud en ek weet iewers in een van daardie klossies skuil die wonder van Doolhof , wat nie net ’ n bekroonde wynplaas is nie , maar ook die tuiste van die vyfster Grand Dédale Country House

1 . Johan Fourie , handelsmerk- en bemarkingshoof van Doolhof .
40 MARKtoe ! Maart 2023