MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 39

die intimiteit van hul onderneming prysgee nie . Hy wil eerder die volgende paar jaar ander produkte probeer byvoeg , as wat hulle ook soos baie ander kleiner distilleerderye hul blus verloor . Hulle maak wel nou ’ n Kaapse Bloumaan Gin , Kaapse Hibiscus Gin en ’ n Kaapse Kontreivodka vir die Gautengse mengeldrankiemark . Dis effens goedkoper en word in ander bottels bemark .

Nadia sê die afgelope drie jaar was kompeterend omdat daar oral baie kleiner distilleerderye opgeduik het . Bottels was ’ n groot kopseer omdat hul apteker-styl bottels uit Italië moes kom , want daar is nie ’ n plaaslike vervaardiger nie . Hul etikette is spesiaal vir dié bottelvorm ontwerp en gedruk .

Nadia sê met Markus wat die onderneming nou vorentoe sal neem , kan Quinn meer op hul ander sakebelange fokus . Hy kan ook met nuwe idees eksperimenteer , want die gin-gier gaan een of ander tyd begin afplat en dan wil hulle reg wees .

Toe ons groet , vang my oog die voertuig met nommerplaat : Baas Gin . Ek lag en Nadia sê hul jongste , Johann , staan bekend as “ Kleinbaas ”, want hy glo hy weet alles .

Familieskertsery op sy beste !