MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 34

LANDBOU
2 .
2 . Jorgensen ’ s en Wild Rose se pragtige drankies bied lafenis op ‘ n warm dag .

en huweliksherdenkings gereeld gehou word . Die kante is oop , sodat jy die natuur ten volle kan ervaar . Water kabbel oor die rantjie van ’ n trogvormige fontein en koi-visse swem rustig in die donker koeltes . Die braaiplek en kroegie daarnaas getuig van die lekker kuiertye wat hier geniet kan word . Gaste kan selfs die swembad gebruik as hulle kom gin proe en besluit om ʼ ’ n bietjie te kuier met heerlike versnaperings en drankies uit die goed toegeruste kroeg . Nege reuse Edison-gloeilampe hang voor die kroeg en as die windjie lekker deur ons kuiwe stoot , wil ek my verbeel ek sien die gloeilampies as ’ t ware saamdans .

“ Ons is ’ n familiebesigheid en alles is baie informeel . Dis lekker as die kinders kan baljaar , terwyl hul ouers die gin-proe doen en ná die tyd hul skemerkelkie geniet .”

In die koelte van die lokaal proe ons saam met Nadia aan Jorgensen ’ s se gin , vodka en absint , asook hul eie reeks , Wild Rose . As deel van die proe teen R85 , kan jy aan die einde ’ n drankie van jou

34 MARKtoe ! Maart 2023