LANDBOU
3 .
3 . Wild Rose het selfs ‘ n huisie vir hul stookketel gebou .
keuse kies wat Nadia met vars vrugte , baie ys en verskillende tonikums bedien .
Wild Rose se reeks bestaan uit gins soos Fynbos , Hibiscus , Pepper en Blue Pea . Hulle maak ook Wild Rose Vodka en Chilli Vodka . Jorgensen ’ s se gin sluit Fynbos , Hibiscus , Pepper en Rooibos in en dan het hulle ook Primitiv Vodka , Primitiv Chilli Vodka en Field of Dreams Absinthe . Albei handelsmerke spog met verskeie toekennings . Die laaste jaar of wat het die Roos-egpaar nie vir kompetisies ingeskryf nie en eerder daarop gefokus om die Wild Rose-naam in die mark te vestig .
Ek hou van die naam Wild Rose en vra waar dit vandaan kom . “ Ons van is Roos en omdat my seuns wild is en my man so wild soos nog drie seuns , het ek gedink Wild Rose werk goed !” vertel sy met ’ n knipoog .
Terwyl Nadia ná ons proe-sessie verdwyn om ons elkeen se gekose gin en tonikum te gaan berei , loer ek bietjie op hul Instagram-blad . Ek moet glimlag vir ’ n plasing met
MARKtoe ! Maart 2023 35