MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 36

LANDBOU
1 .
1 . Ou stookketels word vernuftig as dekor ingespan in die welige tuin .

‘ n diep pers-kleur wat verkondig : “ Gin Tonic [ noun ] 1 . Magic water for fun people ”.

“ Ons is ’ n familiebesigheid en alles is baie informeel . Dis lekker as die kinders kan baljaar , terwyl hul ouers die gin-proe doen en ná die tyd hul skemerkelkie geniet .”

Natuurlik wil ek weet wie vir die magiese drankies verantwoordelik is en hoe die stookketel lyk . Nadia wys trots na ’ n geboude “ huisie ” vir die stookketel , Ugly Betty . “ Sy het sedert Roger se dae nog altyd onder die boom gestaan , maar toe ons die nuwe kuierplek bou , het ons besluit sy kort haar eie verhoog . Sy is after all die ster van die plaas !”

Ek kyk uit oor die wingerde en vra of die distilleerdery enige produkte van die buurplaas kry . Nadia verduidelik dat die Wellingtonklimaat nie geskik is vir die meeste van die botaniese komponente soos jenewerbessie , lemoen en anys

36 MARKtoe ! Maart 2023