MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 28

LANDBOU
3 .
3 . Rooiwang en boepens hang die granate in die boorde .

nou 17 hektaar nektariens en vier hektaar perskes – van vroeg ( week 43 ) tot laat ( week 3 ) en dan begin ons om wyndruiwe te oes .” Van stilsit is hier geen sprake nie !

Wyndruif-kultivars wat oor die drie plase versprei is , is hoofsaaklik wit : Chardonnay , Sauvignon Blanc , Nouvelle , Chenin Blanc en Irsai Olivér en rooi : Malbec , Grenache , Grenache Noir , Shiraz , Merlot , Petit Verdot en Cabernet Sauvignon , Rubernet . Elke kultivar is op die mees gepaste mikroklimaat en in die beste terroir geplant . In die warmer Wellington-distrik fokus hulle op massaproduksie .

Aanvanklik het hulle net vir Distell gelewer , maar vanjaar word 90 % aan Distell verskaf , en die res gaan aan ander kelders of plase .

“ Ek hou nie daarvan om agter prys aan te hardloop nie , op die lang duur is dit nie ideaal nie ,” sê Pierre .

Die appels is in 2015 geplant as ’ n eksperiment wat hulle vir Distell bestuur , om te kyk of hulle sider-sap teen ʼ ’ n goeie prys kan produseer . Dis plaaslik geteëlde appels uit die Culdevco-reeks met lae koue behoefte . Kruisbestuiwers is wisselend langs mekaar geplant om te kyk of dit met ’ n parsmasjien geoes kan word en om te sien of hulle ʼ ’ n deel daarvan vir die varsmark kan lewer . “ Wat baie

28 MARKtoe ! Maart 2023