MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 93

JAG & SLAG
JAG & SLAG

Mens skrik gewoonlik as jy sien hoeveel vleis jy het as jy’ n paar bokke geskiet het. Een eland is so groot soos’ n bees. Dit is’ n magdom vleis.”

Gelukkig kan mens so baie met die vleis doen. Dewald vertel hulle maak genoeg maalvleis om hulle deur die hele winter te neem. Die hoeveelheid skaapvleis wat bygevoeg word, maak ook’ n verskil.“ Ek het altyd Persie-skaap gehad waar ons gewoon het. Hulle is net aangehou vir die wors en maalvleis. Die verwerkte produk hoef nie‘ wild’ te proe

as jou verhouding van wild tot skaap reg is nie. En natuurlik glo ek in geen ander vet in jou droëwors as Persie-vet nie. Die hele skaapkarkas word opgesaag en ingesit. Dit is maar hier en daar’ n paar vet tjoppies wat jy eenkant hou vir wanneer jy lekker op’ n Saterdagmiddag rugby kyk en braai.”

Dewald sê vleiswerk is’ n gróót werk en daarom is dit so belangrik om goed ingerig te wees. Die karkasse moet eers gehang word en afkoel om dit makliker te kan werk. En jy moet tyd hê.

Beskikbaar by jou naaste Agrimark-winkel: Bly warm en onsigbaar in die veld met hierdie baadjies. Die Ridgeline Heritage Legend in Kudu Camo het’ n sagte voering, verwyderbare kappie en maak geen geruis nie. Die Trophy Camo Parka bied stewige katoen, voering en vyf sakke.

MARKtoe! Junie 2025 93