Ná die mildelike reën is die Namakwaland lowergroen. Selfs die grondpad op teen die Kamiesberg buite Garies spreek daarvan: verspoelings en dongas. Teenstrydig met die siening dat verspoelde paaie tekens is van’ n swak infrastruktuur, is hierdie toestand tot’ n mate’ n positiewe teken: water wat die grond vir mens en dier voed, het hier gevloei.
Op die plaas Ezelfontein bo-op die Kamiesberg boer Don en Jos Schreuder saam – pa en seun. Bome. Damme. En’ n snerpende wind wat besoekers daaraan herinner dat hulle nou op’ n hoër vlak bo seespieël is as Garies onder op die vlakte, en dus gemiddeld sewe grade Celsius kouer.
Don vertel die grond was vir oor die twee honderd jaar in besit van die Engelbrechtfamilie.
1. Don en Jos Schreuder van die plaas Ezelfontein is pa en seun. Hulle boer suksesvol saam omdat verdraagsaamheid en vergifnis deel van hul aard is.