Verder word semen geoes en uitgevoer, sowel as embrio’ s wat in strooitjies gevries en uitgevoer word na verskeie lande in Suid- Amerika. Tans is daar baie belangstelling in Spanje. Die protokol verbonde aan die uitvoer van hierdie produkte na Europa is egter kompleks en uiters tydrowend. Maar die hoop beskaam nie.
Wilma kom saam met hul dogter Jani aangestap en hulle spring in die Raptor om die
LANDBOU
ander dogter, Bea, by Tiaan se skoonma op die dorp te gaan haal. Hy kyk die Raptor agterna en draai terstond om en fokus sy blik op nóg’ n Hilux onder die afdakke – hierdie keer’ n enkelkajuit met tralies agterop.
“ Daardie Hilux is eintlik my plaasbakkie, maar die ou is kisboude...”
Net Hilux-liefhebbers kan daardie soort pyn verstaan. Maar met Tiaan aan die roer is daar geen twyfel dat hy nie die Hilux weer uit die dood sal laat opstaan nie.