MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 58

LANDBOU
LANDBOU

waar daar probleme is. Om 06:00 begin die eintlike dag. En dit duur voort vir ses maande van die jaar.

“ Teen Augustus is ek dood op my voete. Dit is soos om’ n baba in die huis te hê. Ek het later kameras in die krale opgesit om te sien wanneer ek moet gaan help.”

Noukeurige rekords word van elke dier gehou – watter ramme saam met watter ooie werk. Hulle word weer bymekaar gesit. Kombinasies wat nie na wense presteer nie, word by ander ramme en ooie geplaas.

“ Ons het ook nie deesdae

tyd om voor die rekenaar te sit en jou rekords na te gaan nie. Ons gebruik apps op selfone. Die lam kry’ n plaatjie in die oor en dit word gescan. Die app wat ek gebruik is Datamax.” Die ooie word in groepe van 100 bevrug deur middel van die LAPA-proses. Snytjies word in die lieste aan weerskante van die uier gemaak en semen word direk op die eierselle geplaas.

“ Die voordeel van hierdie proses is jy weet presies watter ram se saad by watter ooi gebruik is. Jy weet ook presies wanneer sy gaan lam. Jou kanse vir meerlinge is net soveel

58 MARKtoe! Junie 2025