maar, van die hoogste graad tot die laagste word op een hoop gegooi en weer verkoop.”
Die tweede vinnigste manier om geld in boerdery te maak is met skaap. Na vier tot vyf maande is daar’ n inkomste, in vergelyking met boerbok wat twaalf maande duur en bees wat tot twee jaar kan neem.
Dit is hoekom skaapboerdery ekonomies sin maak.
Skaapboerdery, en dorpers spesifiek, is vir die Dreyers’ n logiese keuse. Die ras is gehard en oorleef makliker in die uitdagende Namakwaland as vele ander rasse. Gedurende die gereelde droogtes moet selfs hierdie ras met voer aangehelp word. Voer is duur en voerskuld is die vetgesmeerde glyplank na’ n plaas se ondergang. Daarom word daar nou geploeg en voer aangeplant om die vee deur die droër somer te kry.
Simon van der Stel het ook in hierdie omgewing oornag op sy weg na Okiep om die kopermyn te vestig.
Die groot voordeel van die dorper is dat jy hulle in die drie tot vier maande wat die winter duur kan bemark.
Terloops, hierdie was aanvanklik karakoelwêreld en volgens Coenrad die perfekte dier om mee in die Namakwaland te produseer. Die ondergang van die bedryf was egter die ongenaakbare werklikheid dat die lammers binne die eerste twee dae van hul lewens geslag moes word om die hoogs gesogte pelse te lewer.