8. Hugo het hierdie huis, wat meer as 100 jaar oud is, puik gerestoureer en bly hier wanneer hy op Karas kom boer.
“ My grootste uitdaging is egter my gebrek aan ervaring en kennis van boerdery. Die ander boere kom al vir geslagte lank saam met die plase en hulle ken van boerdery in hierdie omgewing. Ek nie.”
Maar Namakwalanders is ook plesierig en hul harte is ruim. Boere is by een van drie boereverenigings geaffilieer, twee wat by Agri SA geaffilieer is en een by TLU.
“ Dan is ons ook by die kerk betrokke. Ons hou vier basaars elke jaar, een van hulle op hierdie plaas. Die geld wat ons daar insamel, word bewillig daar waar dit nodig is.”
Hugo vertel van die dans wat die volgende Saterdag gehou word. Twee honderd siele kom dans en kotiljons. Gaan hy en sy vrou ook dans?
“ Nee man, ons gaan dit bywoon, maar nie dans nie. Want gedurende die tyd wat ek moes leer dans het, was dans mos nog sonde,” reken hy met’ n stout lag om die mond.
Hugo, indien iemand na’ n afwesigheid van dekades kan leer boer, kan hy ook leer dans. Balke toe!