MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 44

LANDBOU

die werk . Elke dag kom met nuwe krisisse – ek hou eintlik nie van die woord krisis nie – maar met die hoeveelheid verskillende kliënte vir wie ons verpak , is dit nogal ʼn uitdaging om almal in ʼn sekere tydgleuf op dieselfde tyd gepak te kry . Sodra die prys in die buiteland reg is , wil almal gelyktydig pak . En jy moet probeer om almal gelukkig te hou en dit moet alles binne vier-entwintig uur gebeur . Maar dit is iets wat ons op hierdie stadium beslis regkry .”

Die Kaapse hawe funksioneer ook onder geweldige druk en die beskikbaarheid van vragmotors om die produkte in die Kaap te kry , is ook problematies .

“ Die vervoermaatskappy wat ons merendeels gebruik , laat nou die dag weet hulle sit met agten-negentig lorries in die Kaap waarvoor hulle nie vragte voor kan kry om terug te ry nie . Leë trokke loop teen ʼn baie groot verlies .”

Johannes voel ook baie sterk daaroor om vir boere die beste pryse te kry .

“ Daardie boer het sy vrugte vir twaalf maande getroetel en nou sit hulle dit in jou hande en jy mag hom nie teleurstel nie . En ek moet toesien dat sy vrugte nie beskadig , of oud , of vrot word nie .”

Net soos Johannes hom nie sommer op die judo-mat sal laat omdop nie , sal hy ook nie toelaat dat sy verantwoordelikhede hom onderkry nie .

HL Hall & Sons se pakhuis is enorm , higiënies en hoogs effektief .
44 MARKtoe ! Junie 2024