LANDBOU
10 . 11 .
10 . Gereedskap en verf is ook ‘ n belangrike deel van die winkel se aanbod . 11 . Die personeel in die Agrimark Liquor wat sake aan die gang hou , is Marelize Jaartzen en Shantel
Engelbrecht voor en agter staan Franklin Abrams en Alexander Coetzee .
Plaaslike produsente se produkte word aangebied , byvoorbeeld Die Mas , asook groot nasionale handelsmerke soos KWV , Klipdrift en Van Loveren .
Omdat die Kalahari so ‘ n groot gebied dek , is daar twee bemarkers wat dit bedien : Johan Kriel , wat ook die rivierboere ondersteun , en Johan Maritz , wat vir die Kalahari-produsente sorg . Die kantoorpersoneel sluit in Mariette Scholtz , hoof van administrasie , Tokkie Rich , senior handelsklerk , JD Moller , wat vir die store verantwoordelik is , Johnny Titus , produkontvangs , Jan Diedericks , senior stoorman , en Lisel van Wyk wat ook help met administrasie .
Ondanks die uitdagings wat die omgewing en weersomstandighede bied , werk almal by Agrimark Upington lekker saam , soos ‘ n goed geoliede masjien , om ‘ n ware eenstopdiens te lewer vir produsente , vakansiegangers en dorpenaars .
53 MARKtoe ! Junie 2023