MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 45

LANDBOU
2 .

motorvervaardigers ook gereeld hul voertuie op die pan neffens die lodge in die Kalahari se uiterste klimaatstoestande toets . Daar is ‘ n aanloopbaan van net minder as 2 km op die pan by die lodge en hier word motors deeglik met allerhande sensors getoets .

Buiten die veeboerdery en konstruksiewerk , is Kassie en sy Upington-span baie nou by die gemeenskap betrokke . Ongeveer twee jaar gelede het hulle met die munisipaliteit begin saamwerk om slaggate in die strate van Upington te herstel . Hulle het deur die EPWPprogram ‘ n span saamgestel en voertuie , toerusting en fondse vanaf die plaaslike gemeenskap en munisipaliteit bekom om die strate

ook weer te verseël . “ Ons het mense opgelei om die werk onder ALS se vaandel te doen en later is Thusano , ‘ n nie- winsgewende maatskappy , hiervoor geskep . Al die projekte word beheer deur ‘ n bestuurskomitee wat uit plaaslike sakelui en kundiges bestaan en wat met ‘ n formele trustrekening werk wat gereeld geoudit word . “ Dan is daar nog sopkombuise en die Hoërskool Upington wie se eerste rugbyspan deur ons geborg word ,” noem hy party van die gemeenskapsprojekte op waarby ALS betrokke is .

Kassie en die ALS-span werk hard en is op dienslewering ingestel . Maar hy hou ook van ontspan . Een

2 . Harm , Kassie Janse van Rensburg se seun , werk saam met hom by die ALS-groep op Upington en ook op die jagplaas , Winkelhaak .
45 MARKtoe ! Junie 2023