LANDBOU
2 .
Winkelhaak . En oor sy trots – sy kuddes Bovelder-beeste en Dorperskape .
Hierdie bewaringsboer is baie gesteld op die veldgehalte en wys waar groot stroke driedoringbosse al gespuit is om plek te maak vir natuurlike weiding . Dit word soms met ‘ n vliegtuig gedoen en ander kere met spesiale gifstrooier wat op ‘ n trekker of bakkie gemonteer word om kleiner areas te dek .
“ Bovelders is ‘ n beesras wat baie geskik is vir die Kalahari – hulle is lig op die duine en vreet gemaklik aan die natuurlike weiding . Ons hoef hulle feitlik nooit te voer nie . Hulle is geteel uit ‘ n kombinasie van Bonsmara , Afrikaner , Simmentaler
en Sussex . Die basis-kudde kom van ons plase in Natal . Die Dorpers is ook nie stoetdiere nie , maar ons fokus op die gehalte van ons vee – dit is ononderhandelbaar .”
By die die lodge aangekom , wys Kassie ons die slaap- en ander geriewe in die klipgebou wat op ‘ n hoë koppie staan en ‘ n uitsig oor die wye Kalahari-vlakte bied . ‘ n Malawiese kok , Zabron , bly by die lodge en sorg dat die lodge netjies aan die kant bly en dat daar vir gaste kos voorberei word terwyl Johan die plaas oorhoofs bestuur – vir die afgelope 14 jaar lank .
“ Ons kan tot 29 mense hier huisves en daar is afsonderlike badkamers by elke slaapkamer . Die
2 . Daar is volop wild op Winkelhaak , insluitend spesies soos springbokke , koedoes , en gemsbokke . Jag word op die tipiese Kalahari-styl gedoen en dis moeilik omdat daar oor lang afstande geskiet moet word .
41 MARKtoe ! Junie 2023