MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 40

LANDBOU

met internasionale kenners gedoen oor die opbou van statiese elektrisiteit in die betonblokke , wat met staal versterk is . Die projek , waaraan ons sowat 6 maande gewerk het , was ook uitdagend in die sin dat ons alle materiaal oor groot afstande na die bouterrein moes vervoer .”

Die ALS-groep se boerdery in die Kalahari beset 20 000 ha wat in die droë , halfwoestynstreek val en waar die Bovelder-beeste en Dorperskape hul fokus-kuddes is . En om dit in die Kalahari-veld te sien , is ‘ n belewenis op sy eie .

Rooi sandduine , graspolle met halms wat goudblink in die ligte noorde-briese wieg , die reuk van die driedoring , swarthaak

en witgatbome , die varsheid , die gevoel van ‘ n byna ewige stilte . . . dis hoe ‘ n mens die Kalahari ervaar as jy saam met Kassie ry en van die R360 in die rigting van die Kgalagadi-oorgrenspark en Askham afdraai .

Hy wil ons sy jagplaas gaan wys en ons ry saam na Winkelhaak , so 65 km van die Noord-Kaapse dorp . Die Fortuner is gewoond aan hierdie pad deur die rooi Kalahari , by tye lank en reguit uitgestrek voor jou tot waar die horison van helder blou lug en die golwende duineomgewing mekaar ontmoet .

So ver as wat ons ry , is Kassie te vertelle van sy doen en late by die ALS-groep , veral van die jagekspedisies by die lodge op

1 .
1 . Buite die lodge is daar ‘ n boma met ‘ n unieke klei-oond waarin tradisionele geregte soos skaapkop en -stertjies vir gaste voorberei word .
40 MARKtoe ! Junie 2023