MARKtoe! JUNE 2018 | Page 40

GROND TOT MOND
Met ons aankoms kom Kiba, een van die plaashonde, eerste groet. Die Duitse Patryshond se hele lyf gooi esse soos sy stert swaai. Die werf is woelig: buiten ons afspraak met Martiens Bezuidenhout, het gaste vir‘ n vergadering begin opdaag. Die proelokaal se verskuiwing moet wag en almal stap om die swaar Namibiese Rooshout-toonbank waar hy net so laat staan is.
Martiens is die vierde geslag op die plaas en die jongste van drie. Broer Hanno woon in die Napa-wynstreek van Kalifornië, terwyl Martiens en middel-broer, Jan Adriaan, op Dyasonsklip boer met hul ouers, Inus en Mieke, steeds betrokke in hierdie gediversifiseerde onderneming.
“ Tafeldruiwe was altyd die heersende mark en vir lank ons hoofinkomste, maar ons wou ook meer waarde uit toerisme ontsluit. Toerisme het al meer begin toeneem en ons produksie begin bepaal.”
4.
5.
Sy gevoel oor dié gesinsondernemings is dat’ n“ familiebesigheid sy voordele het, maar daar is ook‘ n rede hoekom daar nie baie hiervan gevind word nie. Ons ondersteun mekaar as afsonderlike besighede met die besef dat geeneen goed sonder die ander kan bestaan nie.” Buiten wyn en stook, is daar by Bezalel‘ n restaurant, oornagverblyf en trou- en konferensie-fasiliteite. Dis nou buiten die familieboerdery wat rosyntjies, en op‘ n kleiner skaal, dadels, pekanneute, groente en heuning insluit.
“ Ons is van die begin af toerisme-georiënteerd,” sê Martiens.“ Buiten sy jarelange stook-stokperdjie, is my pa‘ n man wat nog altyd van storie-vertel gehou het.” Terselfdertyd was hulle filosofie, soos Martiens dit stel: dream big, start small. Dit was die beginpunt vir die registrasie van Bezalel as landgoed, in 2006.
“ Tafeldruiwe was altyd die heersende mark en vir lank ons hoofinkomste, maar ons wou ook meer waarde uit toerisme ontsluit. Toerisme het al meer begin toeneem en ons produksie begin bepaal. As klein produsent moes ons besluit om te belê in òf groter kwantiteit òf die kwaliteit van‘ n nis-ervaring.”
1. Die groot kanonne: Martiens Bezuidenhout en die koper ketels waarin Bezalel se brandewyn gestook word. 2.‘ n Veelsydige produk-reeks is belangrik. 3. Bezalel gebruik Franse vate. 4. Die fort-styl is deel van die area se geskiedenis. 5.‘ n Lekker kuierplek. 6.‘ n Binnehof-tuin met grasperk is‘ n groot gunsteling by die kinders.
6.
40 MARKtoe! Junie 2018