MARKtoe! JUNE 2018 | Page 39

GROND TOT MOND Deur Clifford Roberts | Foto’s: Michel Dei-Cont Toerisme is vir baie plase onprakties en net nog iets wat aandag verg; vir Bezalel in die Groen Kalahari is dit egter ‘n noodsaaklikheid, skryf Clifford Roberts. Grootte is relatief. Dit besef jy net weer wanneer jy in Upington se wêreld kuier. Hier lyk alles net soveel groter – van die grenslose blou lug wat die buig van die lang, plat hori- son beklemtoon, tot die reuse wingerdplase, uitgestrek oor eens-wilde woestyngronde. Dis maklik om te dink dat grootte noodwendig ‘n uitvloeisel is van die ekonomiese skaal wat ‘n onderneming nodig het om suksesvol te wees. Dis nou tot jy ‘n plaas hier ontdek wat piepklein in vergelyking met ander om hom is, maar wat steeds vooruit boer. Dit is presies wat Bezalel Wyn- en Brandewyn- landgoed op Dyasonsklip regkry. MARKtoe! Junie 2018 39