MARKtoe! JUNE 2018 | Page 23

WINKEL
4 .
Die nuwe borduurmasjiene wat ses maande gelede aangeskaf is , staan bo in die Jonssons Zone en maak deesdae opslae soos die bestellings instroom . Corné Strauss se vlytige vingers staan vir niks verkeerd nie . Behalwe dat sy embleme en slagspreuke vir die landboubedryf ontwerp , is haar produkreeks baie gewild : kwylkombersies en borslappe as babageskenke by ooievaarsteepartytjies ; geborduurde handdoeke en waslappe vir gastehuise en lodges en t-hemde vir spesiale sportdae of sportgeleenthede .
Die dorpenaars beskou die uitgebreide kamptoerustingafdeling , die kwekery en tuinbou-afdeling met sy volledige besproeiingsgedeelte as die ideale plekke vir inkopies .
Die tak se klantebasis is so te sê gelykop verdeel tussen Kalahari-boere en dorpenaars , met eersgenoemde wat met ’ n kortkop voortrek . Voere , omheiningsmateriaal , veemedisyne en boumateriaal is van die beste verkopers omdat die grootste aantal boere met vee of druiwe boer .
Die dorpenaars beskou die uitgebreide kamptoerustingafdeling , die kwekery en tuinbou-afdeling met sy volledige besproeiingsgedeelte as die ideale plekke vir inkopies . Die tak spog met die grootste verskeidenheid produkte vir besproeiing , tuinbykomstighede en troeteldierkos in die dorp . Hein kamp graag self en hy hou dus ’ n mooi ogie oor die kampafdeling .
’ n Ander deel van die winkel wat ’ n groot trekpleister is , is die yskaste – waar jy alles van worsderms en speserye tot ontbeende skaapboud , skilpadjies en kerriesosaties van die Kalahari Slaghuis op Keimoes en Marchand Slaghuis kan koop .
Die winkel het die afgelope paar jaar geweldig uitgebrei : 6 000 produklyne is na 12 500 verhoog . Hein se doel is om die tak ’ n eenstopwinkel te maak . Hulle ontwikkel hul wenresep deur gedurigdeur nuwe produkte aan te bied , te kyk hoe klante daarop reageer , en om dan by klante se voorkeure aan te pas .
Die tak het 43 personeellede en langdiens is geen vreemdheid nie : Willem van Schalkwyk is die veemedisyne-spesialis en hy spog met 25 jaar diens . Volgens hom is daar altyd iets nuut wat hy oor veemedisyne leer en so help hy sy klante met die nuutste medisyne . “ Dis lekker as hulle met hul volgende besoek kan terugrapporteer dat ons die diere deurgetrek het ,” gesels hy .
1 . Die tak se ruim kwekery bied ’ n wye verskeidenheid plante , tuinboubenodighede en onkruiddoders vir tuiniers aan . 2 . Liquormark , die tak se drankafdeling , is een van Agrimark se beste presteerders met verkope . Hulle het ’ n nismark onder die jaggemeenskap geïdentifiseer en daarom maak hulle spesiale pakke op met yskoue bier wat die jagters maklik kan laai . 3 . Die tak het baie parkering en die winkel en Liquormark is gerieflik langs mekaar geleë . 4 . Die nuwe borduurmasjiene wat ses maande gelede aangeskaf is , staan bo in die Jonssons Zone en maak deesdae opslae soos die bestellings instroom . 5 . Jan Diederichs , Johnny Titus en Willem van Schalkwyk . Saam het hulle al meer as 78 jaar diens . 6 . Die ruim op- en aflaaiplekke tussen die store , is ’ n miernes van bedrywigheid .
Johnnie Titus het 23 jaar diens en hy is verantwoordelik vir ontvangs en voorraad . Hy vertel hoe klante inkom en sommer oor allerhande dinge gesels , nie net produkte nie . Hy geniet die vertrouensverhouding wat hy met klante opgebou het .
Jan Diederichs is die senior stoorman . Met 30 jaar diens glo hy dat die lekkerste deel van sy werk die geleenthede is wat hy elke dag kry om diens te lewer terwyl hy ook gereeld nuwe dinge leer .
Hein beskou die uitstekende diens wat die vriendelike personeel lewer as die tak se geheime wapen . Dis geen wonder dat van die tak se oudste klante personeellede se selnommers ken nie . Die winkel is al verskeie male ná ure of oor naweke oopgesluit om ’ n klant in nood te help .
5 .
6 .
Voorraad word na gelang van seisoenale behoeftes verminder of vermeerder . “ Goeie kommunikasie tussen die stoor , bemarkers , klante en verskaffers is van kardinale belang , sodat die regte produkte en die regte hoeveelheid produkte altyd in voorraad is ,” vertel hy . Die tak bied elke tweede naweek promosies aan , want Hein glo die klant moet altyd voordeel trek .
Hein se bestuurstyl berus op bemagtiging en groei . “ As jy in beheer van ’ n afdeling is , laat ek dit aan jou oor om dit korrek te bestuur en help ek waar ek kan met persoonlike groei en ontwikkeling . Ek glo daaraan dat mense hul kennis moet uitbrei en staan in niemand se pad as hulle elders ondervinding wil gaan opdoen nie .”
Die bedieningsgebied is soos te wagte baie groot : die Kalahari wat strek vanaf Van Zylsrus , Rietfontein en Noenieput tot teen die Namibiese grens ; Klippunt tot Grootdrink ; dit sluit ook die Kgalagadioorgrenspark in .
’ n Mens kan nie wegkom van die feit dat die streek onder ’ n wurgende droogte gebuk gaan nie . Sommige boere het goeie reën gehad , maar baie ander wag nog in hoop . Hein glo dat saamstaan en omgee die wagwoord is . Hy vertel dat die gemeenskap se positiewe gesindheid ten spyte van die swaarkry , beslis by sy personeel aanklank gevind het en dat almal op dié manier saam vorentoe kan beweeg .
Hein Swart
Anton Lebowskistraat , 20 , Upington
T : 054 338 9000 www . kaapagri . co . za
MARKtoe ! Junie 2018 23